This auction has been won.
View other items offered by Bokmakierie20137
Leading
WLRViljoen20 1 × R50.00
15 Sep 07:43

Similar products

53% OFF
Maar een dra 'n masker - Nickey Van Schalkwyk
Secondhand
R150.00 R320.00
Dias, N.P. van Wyk Louw ['n hoorspel]
Secondhand
R45.00
`n Ridder vir Francesca deur Nickey van Schalkwyk
Secondhand
R17.00
Die Val Van 'n Regvaardige Man - LOUW,N
New
R60.00
'n Plan is 'n Duineboerdery. Louw van Schalkwyk
Sold

'n Plan is 'n Duineboerdery. Louw van Schalkwyk

Secondhand 1 was available
R5.00 minimum increment
R50.00
Shipping
R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable.
Check my rate
The seller allows collection for this item. Buyers will receive the collection address and time once the order is ready.
The seller has indicated that they will usually have this item ready to ship within 4 business days. Shipping time depends on your delivery address. The most accurate delivery time will be calculated at checkout, but in general, the following shipping times apply:
 
Standard Delivery
Main centres:  1-3 business days
Regional areas: 3-4 business days
Remote areas: 3-5 business days
Buyer protection

Product details

Condition
Secondhand
Location
South Africa
Customer ratings:
Bob Shop ID
160229770

2014, tweede uitgawe. Sagteband, 250 bladsye. Baie goeie toestand. Minder as 1kg.

Boeiend, vermaaklik en ontroerend is hierdie vertellings van oom Louw van Schalkwyk. Dis 'n beeld van 'n vergange tyd, vroeg in die twintigste eeu, en 'n vergange leefwyse: dié van bywoners van duineboere in die Wes-Kaapse Duineveld.

Die duine van Stilbaai, waarop vandag die mooi vakansie- en dorpshuise gebou is, was vroeër die leefwêreld van bywoners van die duineboere. ’n Vergange leefwyse, wat ’n taai oorlewingstryd geverg het. Gelukkig, voordat die stories met die duinesand gelyk word, is dit aangeteken.

Louw van Schalkwyk praat met groot verlange oor dit wat vir hóm sy hartland is. Dis die onthou wat hom voed, om die avonture in herinnering te roep vir die lekkerte van onthou: "Ja, dikwels kom die groot verlang na die goeie dae en die ver plekke waar my spore nog lê.

"As ek my gedagtes laat gaan, kom al die dinge voor my staan. Dis soos ’n goedgedroogde rol­twakkie, wat ek oor en oor aan kan kou.” Oom Louw se wêreld is wes van Stilbaai, tussen ­Jongensfontein en Vermaaklikheid, vanslewe bekend as Klein­jongensfontein.
 

Dis die wêreld wat hy diep in sy hart koester en steeds tot in sy "murgpype liefhet”. Hy’s die jongste van nege kinders, bekend as die Stokkies omdat sy pa, oom Krisjan, "almelewe so maer was”. Op Kerneels Jakkals se plaas, Ysendyck, na Blombos se kant toe, was die bywonershuis hul tuiste.

Swaarkry was dit wel, maar daar is ook die lekker dinge wat nog in sy onthou vas is. Soms moes dobberende planke vir ’n houtvloer te perd uit die see aangesleep word. Op die skof by jou nek het jy water aangedra.
 

Wat Louw as ’n kleinood bewaar, is herinneringe aan die skooltjie op Blombos met sy boeke. Daar was so 15 kinders en al die standerds was in een klas. Die skoolmeester was Bertus Volschenk, wat 101 jaar oud geword het.
 

Die kinders is geken aan hul familie-byname, soos die Halterbaarde, die Boois en die Muishonde. Net as jy kwaad is, noem jy ’n man op sy bynaam.
 

Ondanks die armoede, was daar altyd die versugting na ’n "eie grondjie” – die droom van elke bywoner. Die grondjie wat Louw se pa gekoop het, het gegrens aan Ysendyck, waar hy bywoner was.
 

"Ons het die plasie sommer Kleinplatbos genoem, maar toe die landmeter kom, kry dit so ’n fênsie Franse naam, Neuf Chateau. G’n mens weet waar die naam vandaan gekom het nie.”

Die wolpryse was dié jaar goed en die skuld op die grondjie kon betaal word. Drie maande later laat die baas van Ysendyck weet dat hy nou die plaas, waarop hul bywonershuis staan, wil verkoop. Skuld maak was moeilikheid soek. Sy ma waarsku dat "jy nie twee saals op een perd kan sit nie”.
 

Maar "ses maande later gee die merino’s uiteindelik hul goud. Ná al die jare se bitter bokerf trek, skeer Pa daardie Februarie kortwol en die prys is goed. ’n Hele 65 pennies vir die locks en vir lang wol oor die 200 pennies die pond.”
 

Die hele verband kon betaal word met nog geld oor. Sy pa kon nog kort voor sy dood sê: "Dankie Here, nou kan ek vir die eerste maal in my lewe sê ek kan staan op my eie stoep en sien hoe my eie skape op my eie grond wei.”

Hierna moes Louw en sy broer, Jaap, oorvat. Hul ma was nog daar totdat sy eendag "sommer skielik en sonder seremonie saggies weg” is. Vir hom was daar darem "genadiglik sy voorslagvrou, sy mooie Dina”.

"As ek droom, droom ek altyd van my wêreld. Ek onthou elke plekkie op die plaas... dis nie groot nie, maar die wêreld van my hart.” Dié onthou is die "kraakdroë brandhout” van Louw se staanvuur teen die koue winter van die ouderdom.
 

Dié proehappies uit die kontreiboek van ’n goeie verteller is boeiend, vermaaklik, ontroerend. Die pragtige taalwendings laat jou watertand.

Resensie deur Amanda Botha

Recently viewed

See more
8.5W 5V 2.1A USB Heating 3 Pads 3 Gears Thermal Vest Heated Jacket Motorcycle Warm Winter
New
R498.00
Universal Motorcycle Exhaust Muffler Protector Can Cover Guard For KTM EXC SXF 250... (COLOR.: BLUE)
New
R465.00
Die Eerste Europeane in die Nasionale Krugerwildtuin - 1725 - The Fi - Punt, W. H. J.
New
R140.00
Vikings - Season 3 (Blu Ray)
New
R272.00

Customer ratings: 1 ratings

Clear communication, helpful.
01 Oct 2014