Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Die meeste Suid-Afrikaners ken die voortrekkermonument en die Uniegebou in Pretoria, maar wie sal nou ooit aan plekke soos die Sunnypark-winkelsentrum of die Groenkloof Virgin Active as historiese bakens dink? In hierdie onklassifiseerbare 'filofiksie'-werk vertel Johann Rossouw die geskiedenis van sy generasie se Pretoriase Afrikaners. Dit is die verhaal van hoe politieke ontnugtering en 'n geprivatiseerde leefstyl geboorte geskenk het aan 'n nuwe kulturele tipe en die opvolger van die jappies van die 1980's - die gnossies.