Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
All Books are second hand
About the author
Elsie Katie Maria Dido is in 1951 op Tsomo in die Transkei gebore as die oudste dogter en die derde oudste van twaalf kinders. Haar moedertaal is Afrikaans, maar as kind leer sy ook Xhosa en Engels vlot praat. Die skooltjie in Tsomo bied klas net tot standerd vier. Ná standerd vier is sy na die sendingskool op Cofimvaba vir standerds vyf tot sewe en slaag dan standerd agt aan die Rooms-Katolieke kosskool op Cradock. Hierna moet sy noodgedwonge die skool verlaat om te help met finansiële bystand vir die res van die familie. Sy kies verpleging as beroep en voltooi haar basiese drie jaar opleiding en diploma in Kimberley. Daarna gaan sy in 1972 na Kaapstad, waar sy aanvullende diplomas in verloskunde, kraamversorging en psigiatrie behaal en per korrespondensie in 1983 ook haar matriek suksesvol aflê. Uiteindelik behaal sy 'n B.Cur.-graad in verpleegkunde deur die Universiteit van Suid-Afrika. Intussen trou sy, maar skei na 'n huwelik van nege jaar, waaruit haar dogter Vereena gebore word.