Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: E.K.M. Dido
Formaat: Medium Sagteband
Toestand: Baie Goed
Dis eenvoudige klein krale. Gare wat seker eens op 'n tyd wit was en nou swart en smetterig lyk, is as rygstring gebruik. lets kriewel in my gedagtes. lets wat ek wil-wil onthou
Nancy Karelse, dosent by n verpleegkollege, word geteister deur skrikwekkende nagmerries wat op hulle beurt spanning veroorsaak tussen haar en haar man en kinders. Die hulp van Sisi MaRhadebe, 'n wyse ou sangoma, word ingeroep. Om haar nek sien Nancy 'n stringetjie blou krale, en op 'n onverklaarbare manier weet sy dat dit'n sleutel is tot haar kleinkinder-verlede en die nagmerries.
In 'n verhaal vol drama én deernis herskep E.K.M. Dido hier die verlede van 'n vrou wat haar eie mense vergeet het en nou daarmee gekonfronteer word. Die kloof tusen twee wêrelde, en tussen twee kleurgroepe, word op unieke wyse blootgelê in hierdie verhaal van 'n dapper vrou wat worstel om te aanvaar en aanvaar te word.
E. K. M. DIDO het in die voormalige Transkei groorgeword en woon sedert 1972 in die Wes-Kaap. Sy het reeds twee romans op haar kerfstok: Die storie van Monica Peters, wat in 1996 verskyn het, en Rugdraai en stilbly, wat n jaar later gevolg het. Na 'n lang loopbaan in verpleging wy sy haar tans aan deeltydse konsultasiewerk en aan skeppend skryf. Onlangs is een van haar verhale opgeneem in die bundel Die stukke wat ons sny- Twintig nuwe Afrikaanse verhale. Sy lewer ook 'n gereelde bydrae tot LitNet, M-Web se literêre blad, en het 'n besondere belangstelling in die bevordering van 'n leeskultuur op die platteland.
New Brand new and unread book.
As New A secondhand book that can easily pass for a new one.
Very Good Book is in great condition with only a minor blemish here and there.
Good Book shows visible reading wear but nothing serious.
Fair Book shows clear and more significant wear, especially on the cover, but is still solid and intact.
Worn Book shows severe wear and tear while still being intact (commonly known as a "reading copy"). Worn books are still good perfect for a good read, all pages will be intact with none threatening to fall out.