Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
’n Welkome heruitgawe van hierdie boek wat die eerste keer in 1972 verskyn het en met die CNA-prys bekroon is. Dit is ook as Promised Land in Brittanje en die VSA gepubliseer, en in Russies en Frans vertaal. Dis sedertdien verfilm.
Die verhaal: George Neethling wat sedert sy vyfde jaar in Europa woon, kom ná sy ouers se dood Suid-Afrika toe om die erfplaas Rietvlei te besoek. Maar op die plaas vind hy nie veel meer as ruïnes nie, en terwyl hy in die omgewing bly, word hy geleidelik bewus van die onderstrominge van geweld en vrees in ’n geïsoleerde gemeenskap wat ná ’n revolusie in vrees vir hul nuwe bewindhebbers leef.