Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Naelstring belig die problematiek van transformasie in 'n nuwe Suid-Afrika en die soms fanatieke eise van swart bemagtiging. Die drama sentreer rondom 'n moeder wat weier om haar pasgebore baba se naelstring te knip. Die baba is egter nie bereid om die absurde situasie gelate te aanvaar nie en neem sy gehoor op 'n reis van swart komedie en deernisvolle maar pynlike interaksie. Pieter Fourie, dramaturg en dramaveteraan, is waarskynlik die enigste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat diep spore as toneelspeler, regisseur, artistieke direkteur en skrywer getrap het. Met Naelstring deurbreek die bekroonde dramaturg Pieter Fourie opnuut die grense van sy oeuvre.