| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
1994 (eerste uitgawe). Sagteband, A4 grootte, 72 bladsye. Goeie toestand. Skoon en netjies binne in. Stewig gebind.
"Met al die resepte uit die radioreeks Kitskos en Nataniël se beroemde bruinrys-en-lensie-dieet (wat werk soos n bom). Kan Nataniël kook? Ja, en die goed lyk ook gewoonlik stunning, maar vir hom gaan kosmaak saam met kuier: speel n mooi CD, kook altyd met n glas wyn in die hand, en geniet dit verskriklik. Sy resepte is dus almal maklik, die bestanddele is min, en byna alles kan vooraf gemaak word sodat jy kan saamkuier as die gaste opdaag. Daar is meer as 130 resepte en hulle proe so lekker soos hulle klink. Almal is deur Nataniël self uitgedink; dit sluit ook Franse en Mexikaanse geregte in wat hy vir Suid-Afrikaanse omstandighede aangepas het. En dit is alles resepte sonder rooivleis Want rooivleis is nou al veertig jaar lank die oorsaak van al die politiek in die land, en die hele stand van die Afrikaner-denkrigting. Dit maak mense neerslagtig en deurmekaar. Weet jy hoeveel angs het n koei as sy van n trok afklim?

