Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Boek is in 'n pragtige tostand maar het wel die vorige eienaar se naam netjies binne. >>> Saartjie het ekstra geld nodig en besluit sy en haar vriendinne moet hul eie tydskrif begin. Sy beplan om sommer self die meeste van die skryfwerk doen, want sy kry mos gewoonlik omtrent volpunte vir haar opstelle. Die rabbedoe se boetie skop ’n rugbybal by ’n kwaai oom se erf in en sy moet dit gaan haal voor die oubaas die bal in repies opsny. Sy ontmoet twee oumense wat met ’n hartseer geheim saamlewe en besluit op die daad sy gaan iets doen om hulle te help. Intussen moet sy egter ook nog kophou wanneer twee seuns gelyktydig beenaf op haar raak! Saans voordat sy gaan slaap, skryf ons heldin in haar nuwe dagboek oor wat alles gedurende die dag met haar gebeur het. Hierdie gewoonte help haar uiteindelik om groot geluk in ander se lewens te bring.
*N.B.* Dis natuurlik beter om meer as een boek by my te koop want dan betaal jy net R 6 posgeld vir elk van jou verdere boeke – Kyk wat het ek nog, dis dalk die moeite werd.
.