Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Die voorgeskiedenis en geskiedenis van die ou Transvaalse Laeveld en die gebeure wat gelei het tot die ontstaan van een van die eerste bewaringsgebiede in die ou Zuid-Afrikaansche Republiek toe die Sabie-reservaat in 1898 geproklameer is. Na die Anglo-Boereoorlog is die Sabie-reservaat, asook die Shingwedzi-reservaat wat in 1904 geproklameer is, onder beheer geplaas van die eerste opsiener van die bewaringsgebiede, James Stevenson-Hamilton. Hy en sy toegewyde klein veldwagterkorps het die reservaat onrwikkel en beskerm tot dit in 1926 geproklameer is as die Nasionale Krugerwildtuin. Neem uit die verlede dek die park se verdere ontwikkelingsgeskiedenis tot met die aftrede van Stevenson-Hamilton in 1946. Die werk bring ook gepaste hulde aan die grondleggers van die Krugerwildtuin.