Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Nuwe boek. Uitgewer: Human & Rousseau Sagteband, ISBN:9780798142861, 251pp. Eerste uitgawe, derde druk 2007
WENNER van die Hertzogprys vir prosa 2004
Ingrid Winterbach het haar eerste vyf romans onder die skrywersnaam Lettie Viljoen gepubliseer. Karolina Ferreira is indertyd met die M-Net Boekprys bekroon. Sedertdien is Buller se plan (1999), haar eerste roman onder haar eie naam, met die W A Hofmeyr-prys bekroon. Winterbach se nuwe roman speel af in die paar maande voor die vredesluiting in Mei 1902 wat ’n einde sou bring aan die Anglo-Boereoorlog. ’n Groepie van vier Boerekrygers onder wie twee natuurwetenskaplikes, Ben Maritz en Reitz Steyn, vertrek uit die Kolonie na die Vrystaat om ’n getraumatiseerde jongeling na sy ouerhuis te neem. Die ontberinge van die oorlog het sy merk op die groepie gelaat sodat ’n besef van die vrugteloosheid van hul stryd vlak lê. Op hul tog word hulle naby die Oranjerivier deur lede van ’n sekere generaal Bergh se kommando aangehou in ’n soort opvangskamp. Nadat hulle in die uitvoering van ’n geheimsinnige opdrag gewond is, word Reitz en Ben op ’n nabygeleë plaas deur drie Boerevroue (Anna, Tante en Niggie) verpleeg. Die verblyf in geselskap van die vroue bied ’n allernoodsaaklike kans op herstel in meer as een opsig vir Ben en Reitz. ’n Boeiende en leesbare roman.’n Roman waarin die verganklikheidsmotief, die vergeefsheid van oorlog en die kortstondigheid van persoonlike geluk op aangrypende wyse uitgebeeld word.