| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Lapa 2011 (eerste uitgawe). Ferm sagteband, 431 bladsye.
Uitstekende toestand. Byna soos nuut.
Niklaas van Rensburg, die Siener, fassineer reeds meer as n eeu die Afrikanergemeenskap. Hierdie swygsame, halfdroewe man met die oë wat so ver kon sien, was geseën met die gawe van profesie, maar ook met n wonderlike liefde vir sy naaste en vir sy volk. Professor Andries Raath het n omvattende studie van dié profeet gemaak, vanaf die Siener se voorgeslagte tot met sy dood. Sy gevolgtrekking is dat die Siener n diep godsdienstige mens was wat so na aan sy God geleef het dat hy die self, wat so vooropgestel is in elke mens, kon ondergeskik stel aan God se wil. Raath plaas die Siener teen die agtergrond van sy gesinslewe, sy godsdienstige omgewing, die pioniersgemeenskap in die Wes-Transvaal waarbinne hy geleef het, die veldslae tydens die Anglo-Boereoorlog en die epiese tog na Suidwes in die Rebellie van 191415, sy verbintenis met generaal De la Rey, dié se dood en die Siener se beproewende gevangenskap ná die Rebellie.





