Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Die Familiebybel sal God se Woord lewend maak in gesinne. Hierdie Bybel met die volledige teks van die Bybel Nuwe Lewende Vertaling beskik oor die volgende unieke kenmerke:
n Stamboom.
n Afdeling wat die oorsprong en gesag van die Bybel bespreek.
n Afdeling getiteld Waar staan dit in die Bybel? wat Skrifverwysings gee vir belangrike gebeurtenisse in die Bybel, bekende teksgedeeltes, profesieë oor Jesus, Jesus se wonderwerke en sy gelykenisse.
n Afdeling getiteld Wat sê die Bybel oor ... waarin n wye spektrum onderwerpe, van aborsie tot wysheid, alfabeties en tematies ingedeel is met Skrifverwysings oor waar om meer daaroor te lees.
Die Familiebybel sal gesinne aanmoedig om weer saam om die Woord van God bymekaar te kom en sal lesers opnuut laat besef watter opwindende erfenis God vir ons het.
8 volkleurkaarte
Groot lettertipe
2 merklinte
Bladsye is goudgerand
Geskenk aan-bladsy
Voetnote om verstaan van teks te vergemaklik
Poëtiese gedeeltes in poëtiese styl geset
12-punt lettergrootte
TITLE: NLV Bruin Kunsleer Familiebybel Nuwe Uitgawe
AUTHOR: Andrie Du Toit,Wil Vosloo
SKU: 9781431603237
PUBLISHER: Christelike Uitgewersmaatskappy
PLACE PUBLISHED: South Africa
Size : 329 mm x 269 mm x 82 mm
Page Count : 1168
LANGUAGE: Afrikaans