
Nommer Asseblief - DVD - nuut
Check my rate
View locations
Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
1. SOORT SOEK SOORT
Kriekie verjaar en daar moet partytjie gehou word. Eers is dit die dominee en dan sus Betta wat dreig om die beplande dansery te bederf maar ‘n ander afspraak vir die dominee en ‘n slaappoeiertjie vir sus Betta los die p[robleem op…..vir eers. Daar is ‘n nuwe onderwyseres op die dorp.
2. DIE EENSAAMHEID
Mevrou Minnie krenk Freddie en gooi haar flikkers vir Fasie. Kriekie is jaloers en sy en Freddie neem wraak deur ‘n gerug te versprei dat Fasie dalk ‘n berugte sampioenmoordenaar is en so van sy vorige twee vrouens ontslae geraak het.
3. SAAMBOER
Hans en Belinda trek tydelik by Kriekie-hulle in. Sus Betta kom hiervan te hore en knip haar oorsese vakansie kort om ook op Eendrag in te trek.
Daar is gou spanning in die oorvol huis en Belinda daag net betyds op om Hans en Belinda se rusie by te lê.
4. OOS, WES TUIS BES
Andries Paulsen hou van Annalie maar ryk Robbie Steyn krap in sy slaai. Betta maak moeilikheid net waar sy gaan. Eers loop Kriekie en Siena deur voor die spreekkamer aan die beurt kom. Wanneer sy egter hoor sy moet help gordyne maak kies sy vinnig koers na haar eie huis.
5. OU SPORT
Lukas Brand, die slagter, se jong vrou is moeilik. Wanneer daar ‘n “Dominee” De Jong in een van Eendrag se rondawels kom bly begin die poppe te dans. Eers maak die “dominee” oral skuld terwyl hy links en regs raad gee en wanneer hy gevra word om te preek, verdwyn hy skielik met die slagter se vrou. Jan en Grieta kry stry oor die jong onderwyseres maar die problem word gelukkig gou opgelos.
6. EENDRAG MAAK BOEREWORS
Die rondawels op Eendrag is klaar en die eerste twee huurders neem hul intrek. Juffrou Swanepoel is vas beslote om die De Waals van hul verkeerde gewoontes te red en Mnr Koorsen, ‘n uithaler worsmaker, begin in Kriekie belangstel. Fasie vlug na sy suster in die Kaap maar sus Betta kuier ook daar.
7. “BAAISKOUP”
Fasie besluit om terug te gaan Eendrag toe en maak die verkeerde afleiding wanneer Koorsen oor Kriekie buk om iets uit haar oog te haal. Fasie klim deur die venster in sy kamer in sodat niemand moet weet hy is terug nie. Grieta het egter haar susterskind daar neergelê en Fasie is baie verleë wanneer die kind begin huil en almal by die kamer instorm waar hy net in sy nagbroek staan.
8. PALE TOE
Die De Waals is WP ondersteuners terwyl Koorsen die Blou Bulle verkies. Fasie en Koorsen gaan ‘n weddenskap aan en beplan om die wedstryd in Pretoria te gaan bywoon. Die weer versleg en in plaas van vlieg bring hulle die nag in ‘n kroeg deur. Terug op die plaas slap hulle hul roes af en mis die wedstryd.
ALL MY ITEMS ARE ORIGINAL. Please also view my other listings: http://www.bidorbuy.co.za/seller/483910/Nhicho Please don’t order today if you needed it yesterday. Please place Christmas orders EARLY.