Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Herman se laaste boek in die trilogie vertel in sy eie woorde die storie van sy lewe tot op 36 jaar. Die eerste proe of geur van kos laat jou terugdink en verlangdit bring Nostalgie. En om met kos 'n oorgang van die verlede na die hede te bring is vir Herman belangrik. Nostalgie is nes jy Herman se kombuis ken: Hy gebruik kos om mense te laat onthou en te verenig.
Nostalgie bevat meer as 80 resepte, van bykos tot hoofgeregte; van brood tot kos uit jou yskas; van kos van die kole af tot vleisgeregte, en van vakansiekoekies tot nageregte. Elke hoofstuk weerspieƫl Herman se liefde vir kos en vir mense, met staaltjies waarin jy jou kan verkneukel.