| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Nostalgiese stories uit Namakwaland - Willem Aggenbag -2016 - Sagteband in baie mooi toestand.
Willem Agenbag, die skrywer, is gebore op sy plaas Kameelboom in die hartjie van Namakwaland. Hy het sy skoolloopbaan voltooi in die skilderagtige dorpie Kamieskroon, waarna hy sy tersiêre studies buitemuurs gedoen het. Hy het na sy loopbaan as Hospitaalbestuurder, afgetree in Durbanville.
Willem het reeds twee boeke getiteld, “Kort stories uit Namakwaland” en `n roman “Ek roep na jou oor die see,” uitgegee. Hy skryf oor die wel en wee van sy hartland, maar meer oor die humoristiese en nostalgiese stories van weleer van die wonderlike mense in daardie geweste.
In hierdie opvolgboek van hom, “Nostalgiese stories uit Namakwaland,” vertel hy met nog meer entoesiasme van die stories uit die wêreld wat hy so hartstogtelik liefhet.