Nuwe Geskiedenis Van Suid-Afrika - Hermann Giliomee & Bernard Mbenga
Secondhand
1 was available
R275.00
0% off
Shipping
R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Nuwe Geskiedenis Van Suid-Afrika - Hermann Giliomee & Bernard Mbenga - 2007 - Tafelberg - Hardeband met stofomslag in moi, skoon en stewige toestand.
Die laaste omvattende geillustreerde geskiedenis van Suid-Afrika het meer as 'n dekade gelede verskyn. Intussen het ingrypende verandering plaasgevind, nie net in die politiek nie, maar ook in die geskiedskrywing en die argeologie. Met die nuwe geskiedenis wil die skrywers die opwinding van vars insigte aan lesers oordra. Die titel, geskryf deur 28 van ons voorste kenners, sluit die jongste internasionale navorsing in. Dit begin by die onstaan van die mensdom, vertel dan die storie van die Khoikhoi, slawe en burgers, die groot migrasies van die pre-koloniale tyd en die trek in die binneland in van trekboere en Voortrekkers. Later kom die ontdekking van diamante en goud wat die gang van Suid-Afrika se politiek radikaal verander. Oorlog breek uit in 1899; ook oorloe wat in 1914 en in 1939 in Europa uitbreek laat plaaslik nuwe kragte vry. Die titel vertel van segregasie, politieke organisasie en verset, en uiteindelik die oorgang van 1994 en die vorming van 'n nuwe samelewing met nuwe dinamika. Hiernaas kyk die skrywers ook na breer kulturele strominge, na die deurslaggewende rol van godsdiens en die sending en die sug na onderwys. Met die heel nuutste inligting en invalshoeke word die storie van Suid-Afrika en sy mense gesaghebbend dog leesbaar vertel.