Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Digters se bestaan is nie noodwendig tot die muwwe rakke van 'n biblioteek beperk nie. Trouens, hoeveel jare tob literatore nie nou al oor die voortbestaan van (veral Afrikaanse) digbundels nie? Dat Afrikaanse gedigte uit die blaaie van bundels gespoel het tot in kabaretvertonings of sogenaamde woordkunsproduksies, was dus te wagte. Dis hier waar Gert Vlok Nel uit alle oorde lof toegeswaai is vir sy produksie Om Beaufort-Wes se beautiful woorde te verlaat, deels gegrond op sy bekroonde bundel om te lewe is onnatuurlik. Nel is nie 'n popster, soos 'n Afrikaanse glanstydskrif suggereer nie. Wat hier as liedjies verkoop word, is in wese woordkuns. En dis die verfrissende talent wat Nel laat tuishoort in die geselskap van uiteenlopende kombineerders van woorde en musiek soos Koos du Plessis, Bob Dylan en Tom Waits. Sedert Gert Vlok Nel Beaufort-Wes se beautiful woorde uitgereik het, het hy 'n Afrikaanse kultusfiguur geword.
Paperback. Afrikaans. Tafelberg. 1993. Good Condition. 1st Ed.