Van sy eerste dag as dienspligtige was Francois Verster in die sop danksy die siekverveelde uitdrukking op sy gesig en sy ingebore rebelsheid.
Hy vertel op skreeusnaakse wyse van basiese opleiding en die lewe op Omega, waar hy skoolgee vir Boesman-kinders.
Sy kostelike anekdotes word verweef met n tweede, ernstiger verhaallyn wat gaan oor sy latere lewe as n argivaris. By die argief doen hy ast ware n tweede keer diensplig, omdat hy weens regstellende aksie oorgesien word vir bevordering.