This auction has been won.
View other items offered by The Book Traders5123
Leading
rooikoppie749 1 × R75.00
6 Dec 10:29

Similar products

Ena Murray Omnibus 19 Ena Murray
R60
Ena Murray Omnibus 22
R50
Ena Murray Hospitaal-Omnibus
R28
Ena Murray omnibus 30
R65

OMNIBUS 14 - Ena Murray

1 was available / secondhand
R75.00 auction closed
Closed 20 Dec 11 15:16
Shipping
Standard courier shipping from R60
R60 Standard shipping applies to orders under R100, in most areas in South Africa. R30 Standard shipping applies to orders over R100. Some areas may attract a R30 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable.
Check my rate
Ready to ship in
The seller has indicated that they will usually have this item ready to ship within 3 business days. Shipping time depends on your delivery address. The most accurate delivery time will be calculated at checkout, but in general, the following shipping times apply:
 
Standard Delivery
Main centres:  1-3 business days
Regional areas: 3-4 business days
Remote areas: 3-5 business days
Buyer Protection

Product details

Condition
Secondhand
Location
South Africa
Customer ratings:
Product code
BT3809
Bob Shop ID
51884523

Omnibus 14 - Ena Murray - Tafelberg - 1991, eerste uitgawe - 438pp Hardeband en stofomslag in goeie toestand - Intern: een stempel op eerste bladsy, verder skoon en stewig gebind.

Elkeen van die drie heldinne in Ena Murray -Omnibus 14 bevind haar in die eksotiese vreemde en moet stry teen iets in haarself waarvan sy vroeër nie bewus was nie.

Die glimmende simitar is die heel eerste pennevrug van Ena Murray – geskryf toe sy maar veertien was, en tien jaar later gepubliseer!

In hierdie verhaal maak Rianne ‘n sterfbedbelofte aan haar moeder dat sy haar verlore broer sal gaan soek – agter die golwende wit sandduine van Arabië. Onder die brandende woestynson kry sy egter mèèr as waarvoor sy gesoek het: sy vind die liefde van haar lewe. Maar hoe kan sy ‘n Arabier bemin? ‘n Geheimsinnige sjiek wat aan brutale stamgevegte deelneem en bereid is om tot die dood toe te veg?

Die magtige sjiek Ahmed el Hadab beloof Rianne sy sal die enigste vrou in sy harem wees – maar durf sy hom vertrou? Moet sy nie liewer aan haar gesonde verstand luister en wegkom uit sy tent, uit sy heerlike, hartstogtelike omhelsings nie?

In Maanlig oor die Amasone kruis ‘n gemaskerde oerwoudman Annalie se pad wanneer sy na haar pa en verloofde in die Amasone gaan soek.

Sy sal hom nooit sonder sy masker sien nie, sê Rex vir haar. En daar is geen valsheid in die oerwoud nie: hier leer ‘n mens jouself werklik ken. Maar die Annalie wat sy in Rex se vurige omhelsings leer ken, is vir haar totaal onaanvaarbaar.

Intussen moet sy die soektog voortsit. Sy bereik die oerland wat haar pa destyds gaan soek het – maar ‘n verlore paradys is dit nie… Sy besef sy moet wegkom uit die oerwoud, weg van Rex wat al hoe vreemder en ongenaakbaarder optree.

Dis net dat die beskawing baie weke ver lê. En sonder Rex is sy vrou-alleen teen mensvretende plantgedrogte, barbaarse oerwoudwette en die gevreesde vroue van die Amasone…

n Eiland in die son – so lyk dit vir die toeriste wat Fernando Poo aandoen. Maar toe die negentienjarige Willemien in ‘n ligte vliegtuig hier in die tropiese oerwoud neerstort – saam met ‘n geheimsinnige vreemdelin en ‘nnjaloerse miljoenêrsvrou, nadat hulle as gyselaars uit hul gekaapte Boeing op pad terug na Suid-Afrika ontvoer is – is dit allesbehalwe ‘n toeristeparadys.

Die stryd om oorlewing in die vyandige, bedompige trope begin. En ook Willemien se stryd teen haar verradelike hart. Hoe kan sy haarself so total vergeet in die arms van ‘n gehiemsinnige vreemdeling, ‘n man wie se van sy nie eens ken nie? Dit terwyl sy op trou staan met Ian, wat ook in die ongeluk was, maar nou nêrens te vinde is nie.

Ian is die man van haar hart – nie hierdie wrede skurk met die gloeiende oë nie. Maar as die sterk arms haar weer nader trek en sy lippe eisend op hare neerkom, antwoord sy met ‘n oorgawe en ekstase wat sy nog nooit by haar verloofde ervaar het nie.
Omnibus 14 is vol tergende geheime. Dit is ‘n boek wat jou nie los voor jy hom van begin tot einde verslind het nie.

 

Customer ratings: 1 ratings

AAA+
11 Jan 2012