R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Omnibus 39 - Ena Murray - Jasmyn - 2003, eerste uitgawe - 377pp - Hardeband met stofomslag in besonder goeie toestand - Inter skoon en stewig gebind.
Eensaam op Wegdraai 'n skaduwee skuif oor Bokkie en Tokkie se sorgelose kaalvoetlewe, waarin sokkerspel saam met die dorpseuns die hoogtepunt van pret is. En die rede? Ontluikende vroulikheid 'n vloekwoord en blykbaar 'n ongeneeslike siekte. Dis veral juffrou Estelle Huizeman se arendsoog wat die dinge opmerk. Nog meer, daardie oog bespeur ook die manlikheid van hul wewenaar-pa en skoolhoof, Henk Beukes. Die tweeling besef gou hulle sal 'n blink plan moet smee as hulle nie juffrou Huizeman as hul nuwe ma wil he nie. Want dis duidelik sy het haar visier ingestel op die aantreklike wewenaar van Jagershoek. Die oplossing: hulle soek eerder self 'n moeder so na hul hart. En die aangewese plek is Soek en Vind, tydskrifhoekie vir eensames. So word Eensaam op Wegdraai geskep – eensame, aantreklike wewenaar van twee en dertig, op soek na 'n vrou wat raad kan gee met dertienjarige tweelingdogters. Al wat Bokkie en Tokkie nou moet doen, is om uit al die aansoeke die regte een te vind. Iemand wat 'n eie ma vir hulle kan wees. Want so 'n vrou sal tog hul pa se hart ook steel, of hoe? Verworpe silwer op sy eerste huweliksnag fuif Louis Mocke saam met sy vriende in die hotelkroeg. Was sy erfporsie tog die lokaas vir sy blitshuwelik met Santie Marais? Jaag sy broer, Darius, net spoke op wanneer hy haar waarsku om haar goed te vat en loop?
Wanneer Dottie Willemse, Louis se vorige liefde, terugkeer met 'n seuntjie aan die hand, ruik Eloffsdal nog 'n Mocke-skandaal waaroor hulle die mond kan uitspoel. Want Darius waarsku Louis: "As ek jou naby haar vang, breek ek jou nek." Uit flardes skinderstories en dreigemente probeer Santie sin maak uit die Mocke-raaisel. Waar pas Tanja, Darius se gewese vrou, in? Wat het van haar en Ferdi, haar minnaar en Dottie se broer, geword? Wie is die pa van Dottie se kind? Sy ontken dat dit Louis is. Maar voor Santie al die legkaartstukkies sorgvuldig inmekaar kan skuif, tref 'n ramp die Eloffsdallers wat geen mens se lewe onaangeraak laat nie. Ook nie haar en Louis s'n nie.