Skrywer: Liesbet Uys
Formaat: Medium Hardeband
Toestand: Goed
Kan 'n mens werklik 'n dubbelganger h - iemand wat jou tweelingsuster kon gewees het maar van wie se bestaan jy onbewus is?
Dit is 'n probleem waaroor Ren Jonker nooit juis haar kop gebreek het nie. Trouens, sy het nooit eers daaraan gedink nie. Sy was 'n verpleegster, bekwaam in haar werk en gelukkig. Maar toe ontmoet sy werklik haar dubbelganger - 'n meisie wat net soos sy lyk, behalwe miskien vir die o - en van daardie oomblik af was haar lewe nie meer die selfde nie.
Delia la Grange was so anders a Ren, ten spyte van hul uiterlike ooreenkoms: wreldwys, lief vir die ligte, reeds 'n keer getrouden met 'n seuntjie wat nie by sy ma woon nie maar deur sy ouma en oom versorg word. Al die le dinge waaraan Ren geen erg gehad het nie, was juis die dinge wat vir Delia die sout van die lewe was.
En alhoewel hul niks in gemeen gehad het nie, moes Ren vir vier weke lank Delia se plek neem, haar lewe leef, moes sy Delia ws.Sou sy dit kon doen, en wat sou die gevolge wees?
Liesbet Uys kom in hierdie verhaal vorendag met 'n intressante tema wat sy op 'n besondere wyse aanbied. Dit is aangename ontspanningsleesstof.