Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Toestand: Uitstekend
ISBN: 9780798184571
Gepubliseer: 2024
Bladsye: 272
OOR DIE BOEK:
Jeugroman
Soms twyfel sy aan haar eie kapasiteit vir die waarheid.
Wanneer sy terugdink aan daai tyd kan sy nie help om verwyderd te voel nie. Asof sy eerder na 'n fliek kyk as terug op haar eie lewe. Soos 'n buitestander mer haar neus teen die venster van haar eie geheue.
Rebekkah Keller was nog 'n tiener toe haar pa oorlede is. Om aan die knaende verdriet te ontsnap begin sy lengte ná lengte vryslag in die skoolwembad te swem. Eindelik word sy gekies as lid van die hoërskool se swemspan.
Meer as twintig jaar later woon Rebekkah steeds in Bloemfontein. Sy is geskei van haar man, Hannes, vir wie sy eintlik baie lief is. Sy werk voltyds as 'n assistent by 'n prokureursfirma, en sy swem nooit meer nie.
Een oggend stuur Rebekkah se beste vriendin, Lena, vir haar 'n nuusberig wat die mat onder haar voete uitruk. Al die herinneringe aan haar grootwordjare, wat sy so lank onderdruk het, spoel soos 'n fratsgolf oor haar.