Toestand: Goed, omslag en inhoud netjies. Een naamstempel en vervaagde inskrywing van vorige eienaar se besonderhede.
Formaat: Hardeband
Bladsye: 250
Uitgegee: 1938 (Nasionale Pers)
ISBN:
Hands up, you . . . . Dutch bastard!
So het dit begin, ons krygsgevangeskap; hoewel erken moet word dat daar miskien enige historiese twyfel mag bestaan oor die begin, omdat Alie van Rensburg dit anders gehoor het. Hy het namelik verstaan dat die Engelsman ons stem ooreen dat hy n sersant-majoor te perd was wat ons die nag so tromp-op geloop het en somaar wou skiet, gekommandeer het: Hends-op, you vloeken Dutch bastards! Al die ander kamerade bevestig my lesing.
Maar eer dit sover gekom het, was daar nog n paar ander dinge wat na regte aangestip moet word, by wyse van inleiding tot hierdie ellendige klimaks. Dit was die begin van dje derde oorlogsjaar, en die oorlewendes van die korps Staatsartillerie werd, met uitsondering van enkele manskappe en onderoffisiere wat hulle hier en daar by kommandos aangesluit het, op 11 Januarie 1902 in een nag met een vangs op die Hoëveld krygsgevange gemaak net vier maande voor die vrede.
Dit was n vet skoot vir die Engelse; vir ons was dit die beroerdste en ellendigste dag van die ganse oorlog.