Ons wag op die Kaptein - Elsa Joubert
Check my rate
View locations
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Die Transvaler, 15 Maart 1961:
'n Portugese ingenieur het gister vertel hoedat 'n swart bende van ongeveer 350 'n plaas in Noord-Angola aangeval het. Die bende het die 12 blankes op die plaas verhoor en hulle almal ter dood veroordeel. Voor die verhoor is die blankes aange-rand en mans, vrouens en kinders is qor die grond gesleep. Die leiers van die bende het Frans gepraat. Die verhoor is 'n hele paar keer uitgestel, omdat die bende gewag het op die aankoms van 'n leier per vliegtuig uit die Kongo.
Waarom het Carlos Figueira se plantasiewerkers, sy eic mense, in opstand gekom en in een dag alles vernietig wat hulle vir hom opgebou het? Hy het die barbare nie sᅢᄈ sleg behandel nie, nie sᅢᄈ vreeslik uitgebuit nie. Hulle het goeie kos gekry en klere op Kersdag; as sy sweep deur die lug gesny het, het hulle dadelik teruggestaan. Hy het net ᅢ래ᄅn van hulle dood-geslaan, maar dit was lank gelede.
Onbegrip tussen wit en swart lei tot wedersydse haat, verag-ting, misdaad... maar as die leier, die groot kaptein, kom, sal albei aan hom rekenskap moet gee.
Dit word laat. Oor die afgebrande plantasies galm 'n dreuning wat die onheilspellende ritme van die trom verdring:
Die kaptein kom!
Vrees vir die oordeel dryf wit en swart nader na mekaar. Hulle drom aan weerskante van die hek saam. En met die hek tussen hulle groei die vrees tot angs:
Ons moet iets doen! Ons moet met die kaptein praat maar wat kan ons vir hom sᅢᆰ?
Die spanning in hierdie aktuele novelle is van die inset af so tasbaar soos die taai tropiese hitte van Angola en styg tot 'n hoogtepunt met die aankoms die aand van die swart kaptein uit die Kongo.
'n Boek wat die leser om die beurt skok, verontrus en ontroer.
Sagteband
BBAF
Condition: Good