R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
There are various locker and counter collection points across South Africa. View locations
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
ALL PROCEEDS GO TO CHARITY: National Sea Rescue Institute (NSRI) Onsigbaar by Deon Meyer Lemmer se Eerste Algemene Wet: Moenie betrokke raak nie. Hy pas dit veral toe in sy werk as vryskut-lyfwag by Body Armour, want hy's die een met die kriminele rekord, die gebrekkige sosiale vaardighede en die baie kort humeur. Wanneer die mooi, ryk Emma le Roux hom huur en begin vertel van onwaarskynlike bedreigings en 'n broer wat sy vas glo ná twintig jaar soos 'n Lasarus uit die dood uit opgestaan het, stof hy ook 'n ander ou Wet af: Moenie klein vroue vertrou nie. Maar wat, welvarende mense lieg en as dit ál gevaar is wat hy moet hanteer, dan vat hy die geld, baie dankie. Daarom vlieg hy op 26 Desember saam met haar Laeveld toe - en só begin 'n koorsagtige tog deur 'n wêreld van gierigheid en korrupsie, ekologiese stryde en sameswerings ... en moord. In 'n lokval skiet hulle boonop vir Emma. Lemmer het nog nooit as 'n lyfwag gefaal nie, en om sy vyande te identifiseer gaan lewensgevaarlik wees, want hul ontmaskering gaan internasionale implikasies hê. Maar Lemmer is siek en sat daarvoor om onsigbaar te wees. Iemand moet betaal - en hy gaan nie rus voor dié rekening nie vereffen is nie.