This item has closed 1 buyer bought 1 item
View other items offered by The Book Traders5123

Similar products

Onsigbaar - Deon Meyer
Sold

Onsigbaar - Deon Meyer

Secondhand 1 was available
R145.00
Shipping
R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable.
Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item ready to ship within 3 business days. Shipping time depends on your delivery address. The most accurate delivery time will be calculated at checkout, but in general, the following shipping times apply:
 
Standard Delivery
Main centres:  1-3 business days
Regional areas: 3-4 business days
Remote areas: 3-5 business days
Buyer protection
Get it now, pay later

Product details

Condition
Secondhand
Location
South Africa
Customer ratings:
Product code
BT3586
Bob Shop ID
254238546

 Onsigbaar - Deon Meyer - Human & Rousseau - 2011 - Sagteband in besonder mooi, skoon en stewige toestand.

Lemmer se Eerste Algemene Wet: Moenie betrokke raak nie.

Hy pas dit veral toe in sy werk as vryskut-lyfwag by Body Armour, waar hy laag af is op die pryslys, want hy's die een met die kriminele rekord, die gebrekkige sosiale vaardighede en die baie kort humeur.

En wanneer die mooi, ryk Emma le Roux hom huur en begin vertel van onwaarskynlike bedreigings en 'n broer wat sy vas glo ná twintig jaar soos 'n Lazarus uit die dood uit opgestaan het, stof hy ook 'n ander ou Wet af: Moenie klein vroue vertrou nie.

Maar wat, welvarende mense lieg en as dit al gevaar is wat hy moet hanteer, dan vat hy die geld, baie dankie.

Daarom vlieg hy op 26 Desember saam met haar Laeveld toe - en sien hoe sy die windmeule van haar verlede sonder sukses bestorm. En al moet hy erken dat sy deursettingsvermoë het, dat sy nie te onaangenaam is vir 'n ryk mens nie, wil hy asseblief tog klaar kry en terug gaan Loxton toe om sy huis te gaan regmaak.

Maar dan lei hulle vir hom en Emma in 'n lokval, en in die chaos van vlug skiet hulle haar. Lemmer het nog nooit gefaal as 'n lyfwag nie. En hy besef hy gee dalk meer om vir die kleine Emma as wat hy wou erken.

Teen sy beterwete en elke wet wat hy oor veertig jaar gekonstateer het, begin hy krap. En onder die rasse- en politieke spanning, agter die ekologiese oorlog, die gierigheid en die korrupsie kry hy geheime wat iemand ten alle koste wil bewaar. Om hulle te identifiseer gaan lewensgevaarlik wees, om hulle te ontmasker kan internasionale implikasies hê.

Maar Lemmer is siek en sat daarvoor om onsigbaar te wees. Iemand moet betaal - en hy gaan nie rus voor dié rekening nie vereffen is nie.

Customer ratings: 1 ratings

good service - thank you!
20 Dec 2016