Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
2012 (tweede druk). Sagteband, 199 bladsye. Baie goeie toestand.
Wat op aarde kan n Georgiese prins en n tagtigjare Topnaar-oom uit die dorre Namibwoestyn met mekaar gemeen hê? Of n hedendaagse plaaswerker uit die Karoo met n Italiaanse sywurmboer van twee eeue gelede? En waar pas die riel, swart Afrikaners en Boesmans in? Om nie eens te praat van die Duitse weeskinders van 1948 nie. Of die tannies van Touwsranten in die berge naby Wildernis, en die Rehoboth Basters van die vlaktes van Namibië. Al hierdie mense het heeltemal niks met mekaar gemeen nie. Behalwe natuurlik Afrikaans. Party is Afrikaans gebore, party moes Afrikaans word om te kan oorleef. hierdie boek wil Ilse Salzwedel stukkies van die onvertelde geskiedenis van Afrikaans help bewaar. En wys dat Afrikaans n taal is waarin mense van alle kleure kan lag en huil, sing en dans, oorlog maak, vrede maak, oorleef en, veral, lééf.