Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Published by Jonathan Ball Uitgewers, 2014, softcover, illustrated, 368 pages, folio size, 24.6 cms x 34.6 cms x 3.1 cms, condition: new.
Toe die Britse Imperiale Ryk in 1899-1902 sy volle militere mag teen die Boererepublieke van Suider-Afrika in die veld gestoot het, het 'n groot gedeelte van die res van die wereld hulle morele ondersteuning aan die dapper burgerkrygers toegese ... maar sedert die bitter uiteinde van daardie ongelyke stryd het geskiedskrywers die verhaal van die oorlog grotendeels uit 'n Britse oogpunt benader. Hierdie is 'n geskiedenisboek wat anders is. Oorlog-Beeld voer 'n verbeeldingsprong uit om die krygswereld van daardie stryders wat deur Nelson Mandela as die eerste Afrika-vryheidsvegters van die 20ste eeu beskryf is, te laat herleef. Hier, in koerantformaat soos dit destyds kon gewees het, volg die verhaal van die Engelse Oorlog wat deur Boere vertel word: deur die offisiere wat hulle burgers op die slagvelde by Magersfontein, Colenso en Spioenkop aanvoer; deur bittereinderburgers wat tot op die laaste volgehou het; deur verveelde burgers wat Mafeking, Ladysmith en Kimberley tevergeefs beleer het; deur vroue en kinders in die konsentrasiekampe; deur regeerders en krygsgevangenes in ballingskap asook verskeie ander deelnemers alles toegelig uit 'n magdom kontemporere bronne en met 'n menigte fotos wat destyds geneem is. Daar word nie net oor militere konfrontasies berig nie, maar ook oor die kommandolewe, oor die ervaringe van krygsgevangenes in kampe oor die aardbol heen versprei, oor die aktiwiteite van die Boere-afgevaardigdes in die buiteland wat buitelandse inmenging aan Boerekant teweeg moes bring, oor die aktiwiteite van prominente individue, soos president Paul Kruger en Emily Hobhouse, en oor die treurige lot van vroue en kinders in die konsentrasiekampe.