Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Mense se soeke na goedkeuring neem epidemiese afmetings aan. Hulle voortdurende behoefte om ander tevrede te stel spruit uit gevoelens van onsekerheid en lae selfagting. Dit oorheers mettertyd hulle hele lewe. Joyce Meyer deel drie verreikende stappe om hierdie verslawing te oorkom: Aanvaar wie jy is; Vat jou verslawings vas, en; Breek los uit ou gedragspatrone. Sy deel uit haar eie ervaring hoe sy reggekry het om uit te vind wie sy werklik is, haar selfbeeld te verander en haarself te leer liefkry. Sy stip ook uit hoe om gevoelens van skuld, woede, onvergewensgesindheid en verwerping te hanteer, en hoe om jou selfagting te grond op jou identiteit in God, en nie op ander mense se opinie van jou nie. Hierdie boek is geskryf in dieselfde dinamiese styl as ander Joyce Meyer-topverkopers soos Sewe dinge wat jou vreugde steel, Ontmoet God elke oggend en Eindig jou dag met God.