R30 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
Free collection from
Eerste Rivier Cape Town, Eerste Rivier Cape Town
The seller allows collection for this item and will be in contact with the full collection address once the order is ready.
Ready for collection by Friday, 14 June.
Ready to ship in
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 15 business days. Shipping time depends on your delivery address. The most
accurate delivery time will be calculated at checkout, but in
general, the following shipping times apply:
Die stories in hierdie bundel wissel van die eerste seksuele gewaarwording van 'n kind tot die middeljarige vrou wat agterkom haar man het 'n affair, van 'n vrou se ontstemmende herinneringstog na haar jeug op 'n plaas tot die eietydse gegewe van post-apartheid Suid-Afrika waar plaasmoorde 'n werklikheid is.Die meeste verhale bied 'n spanning tussen die plaas as plek van vertroosting en toe-eiening, en die lewensdramas wat hulle daar of daarbuite afspeel. Daar word gesuggereer dat onder die oenskynlike idilliese lewe op 'n plaas in Afrika, onheil ook altyd teenwoordig is. Die plasing van gegewe en karakters in 'n bepaalde segment van die samelewing, met onderspeelde kommentaar daarop, het 'n ryk geskakeerde tekstuur tot gevolg.Wat die skrywer onder meer in hierdie boeiende verhale regkry, is om menslike drama wat so dikwels versluier is in 'n meer geslote samelewing, sonder melodrama en melancholie oop te skryf.Helena Gunter het op 'n R゙ensplaas naby die mond van die Breerivier grootgeword en skoolgegaan in Heidelberg (Suid-Kaap). Na haar studies was sy baie jare lank 'n ondewyser in die Strand, Bellville en Stellenbosch. Hierdie is haar eerste boek. Op 'n plaas in Afrika - Helena Gunter. Human & Rousseau 2007. ISBN 9780798148382