Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
2014. Sagteband; 208 bladsye. Toestand soos nuut. Meer as 1kg.
Orania is nie langs enige hoofroete nie. In die barre Noord-Kaap, iewers op die R369 tussen Hopetown en Petrusville, sowat 160 km van Kimberley, lê dié dorp wat sedert sy totstandkoming as ’n volkstaat slegs vir wit Afrikaners in kontroversie gehul is. Dis ’n dorp van ongewone kombinasies: ’n duisend wit mense en derduisende pekanbome;droë Karoo en die groen soom van die Oranjerivier; die ideologie van sommiges en die opportunisme van ander. Mense wonder oor Orania. Hoe ís dit daar? Watter soort mense bly daar? Is daar toegangshekke? Is dit neo-apartheid? Fotograaf Michael Hammond rig sy kamera op die mense van Orania en skrywer Hanlie Retief gee in meegaande vertellings ’n blik op hul lewens.
The text is written in both English and Afrikaans