
Orkney Snork Nie Deel 1 - Die oorspronklike TV-reeks - DVD - nuut
Check my rate
View locations
Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
BOSSIE BOTHA SE LONGE
Hendrik besluit om op te hou rook nadat hy Bossie Botha, wat 60 sigarette per dag gerook het, se longe gesien het. Wimpie en Koert probeer rook maar Hendrik betrap hulle op heterdaad.
WINGNUTS
Daar kom 'n nuweling in die Van Tonder gesin en 'n storm bars los oor die kies van 'n naam.
DIE MYNBESTUURDER SE BAL
Maggie is moeg om alewig by die huis te sit en 'n uitnodiging na die Mynbestuurder se bal gryp sy met beide hande aan. Tant Anna se rokmakery lei tot een ontnugtering na die ander.
MAN TOT MAN
Maggie vrees dat sy dalk weer kan verwag en daar is ook gerugte van 'n skoolmeisie wat oor die tou getrap het. Maggie besluit dit is tyd dat Hendrik die feite van die lewe met Wimpie bespreek.
RUSTY SIT EN ROES
Yolanda kry 'n vreemde oorbel in Ouboet se kar en haar twee en twee is ongetwyfeld vyf. 'n Onverwagse besoek van Rusty krap dinge nog verder om.
STINK PAP EN STYWE LYNE
Hendrik berei voor vir die jaarlikse hengelkompetisie en moet ook weens beweerde ongerymdhede voor 'n tugkomitee verskyn. Oupa word gedagvaar maar maak so neffens die hof 'n jakkalsdraai.
KWALITEIT-TYD
Hess en Wimpie bring rapporte huistoe. Hendrik begin gholf speel, Yolanda wil weer begin werk en Maggie voel dat almal tyd het vir alles, behalwe vir die gesing.
AL MY ITEMS IS OORSPRONKLIK. HIERDIE ITEM IS NUUT.