Oulap se Blou: veertig kort vertellings -- Chris Barnard
Secondhand
1 was available
R40.00
0% off
Shipping
R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
R65.00 pickup point shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 pickup point shipping applies to orders over R100.00. There are various locker and counter collection points across South Africa. View locations
The seller allows collection for this item. Buyers will receive the collection address and time once the order is ready.
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 5 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Die stories in hierdie boek is reise: na plekke, na tye her, na mense, na binne. En soos reise altyd maak, beweeg hulle jou, want jou siel is die eintlike reisiger. En soos met alle reise kleef daar n blouïgheid aan die opwinding.
Veertig jaar ná die verskyning van sy eerste, lank reeds beroemde kortverhaalbundel Duiwel-in-die-bos, het Chris Barnard baie om na terug te kyk. Seunskindjare in n landelike paradys. Die liefde in haar vele verleidinge. Vriende, en wat van hulle geword het. n Land, en wat dáárvan geword het. Dalk n singende en dansende land. In hul skone eenvoud soek hierdie veertig kort vertellings die plekke op waar lag en verlange naaste bure is. Stories sonder versiering, wat hulle juis die mooiste stories maak.
CHRIS BARNARD, een van die mees bekroonde skrywers in Afrikaans (o.m. die Hertzogprys twee keer, die CNA prys drie keer) is in 1939 in Nelspruit gebore. Hy was boekuitgewer, joernalis en filmvervaardiger, en as skrywer was hy een van die befaamde Sestigers wat die letterkunde se grense dramaties versit het. Sy tweede roman, Mahala, word dekades reeds onder die klassieke Afrikaanse werke gereken. Sy oeuvre sluit talle literatuursoorte in: kortverhale en romans, jeugverhale, dramas, draaiboeke (o.m. die Oscargenomineerde Paljas), rubrieke en deesdae lirieke. Sy werk is wyd vertaal. Hy is tans n neuteboer in Mpumalanga.
Ons kombineer posgeld, so kyk gerus na ons ander items wat aangebied word.
Please Click --->HERE<--- to see all the itemsPTO Booksis selling.