Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Tafelberg-uitgewers, 1979. "Oupa en Ouma het vir alles en nog wat 'n raat. Hier volg 'n paar wat u in die boek sal aantref. As skerpioen jou steek en jy kan hom net daar vasdruk en eers sy angel afmaak, hom 'n sny onder die, maag gee en op die plek sit, sal die gif gou terugtrek en die brand bedaar. Maar as hy ontsnap, neem dan terpentyn, die wat jy in die apteek koop, en hou die plek daarin. As 'n mens tandpyn het en jy wil die tand nie uittrek nie, dan kan jy van die hand aan die kant wat jou tand seer is 3 naels afsny en van die gesonde kant se hand 5 afsny. Gee dit vir iemand wat nie weet watter tand seer is nie. Laat hy dit in 'n papier toedraai en onder die water in modder begrawe en jou tand word gesond. Hier is nou 'n ouë, ouë raat. As u in die veld stap met 'n he wige hoofpyn en u daar 'n wildetwaksboom sien, pluk die blare, pak die hoed se bol vol en sit dit op die kop, nie lank nie, dan sal die hoofpyn verdwyn. Julle zal mischien daar oor lag, maar dit is zeker en probeer dit. Neem een nuwe zijl garen wat een sakke mee toe werk. Bind hom 2 keer bo om die arm bokant die mussel en dra hom en jy sal nie weet wanneer die jig weg is nie. Dit is nie een grap nie."
Please check my other listings as I gladly combine purchases made within 7 days: items:https://www.bobshop.co.za/seller/1431565/Human01