Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Only very light polish was needed.ᅠ Disc in a very good condition.
Die jong, aantreklike en selfvoldane besigheidsman, Basson van Rensburg (Ivan Botha), het vyf dae om by sy pa se begrafnisdiens in Kaapstad uit te kom, maar hy moet sekere take voltooi op hierdie reis voordat hy die suksesvolle familiemaatskappy kan oorneem. Sy enigste kans om betyds in die Kaap te kom, is om 'n rygeleentheid saam met die beeldskone, boheemse meisie, Amory (Donnalee Roberts) te kry.
Soos hulle deur die asemrowende natuurskoon van Suid-Afrika reis, ontmoet hulle wonderlike karakters wat sorg vir lekkerlag-oomblikke en lewensveranderende ervarings.
Om weer in die liefde te glo was nie deel van een van die twee se plan nie, maar hulle kan nie help om met elke draai wat die lang pad af Kaap toe maak te besef dat niks nog ooit meer bestem gevoel het nie.