R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller allows collection for this item. Buyers will receive the collection address and time once the order is ready.
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 13 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
ᅭPalimpsesᅮ[5] se titel verwys na 'n perkamentrol waarop die geskryf keer op keer uitgevee word sodat die rol weer gebruik kan word vir 'n nuwe boodskap. Hierin word die eie wereld van herinnering en geskiedenis geskep en herskep. Hierdie eenheidsbundel beskou die familiegeskiedenis, die plaas en die weggaan daarvan en die begin van 'n nuwe lewe in die stad. Die werkwyses is eerstens die herinnering, dit wat op die rol geskryf was voor dit uitgevee is, tweedens die ondersoek van die rol om te probeer ontsyfer wat geskryf was en derdens om oor en tussen die skryfsels te skryf. Dit alles word egter feitlik onherkenbaar met mekaar vervleg tot een groot geheel, onafskeibaar van mekaar. So word die bundel dan beeld van die lewe self, waar oorsake en gevolge moeilik van mekaar te skei is en gereeld in sirkelgang mekaar beユnvloed. Die bundel word in vyf (ongetitelde, ongenommerde) afdelings verdeel. Die eerste afdeling bevat twee gedigte, wat bundeltemas aankondig. ᅭEenhoringᅮ beskryf die illusie van volmaaktheid in eenheid met die natuur en hoe die stories en die werklikheid van mekaar verskil en dui dan die tema van illusie teenoor werklikheid aan. ᅭGesprekᅮ is 'n gesprek tussen die seun en vader wat selfs na die dood voortgesit word, wat die jeugherinneringe uiteensit en eindig met die besef dat die voorvader deel is van die grond, maar ook as gees voortleef. Hierdie gesprek met die vader word regdeur die bundel voortgesit, met die poging om telkens te herskryf aan die onvoltooide werklikheid. Die tweede afdeling bevat weer slegs twee verse, gerig aan ᅭOupa Maraisᅮ en ᅭOuma Maraisᅮ, waarin die verval van die lewe met die ouderdom en later die dood beskryf word, getemper deur die standhoudendheid van herinnering en gedig. Die temas van groei en verval, of skryf en uitvee, word hier teruggevind. Die derde en grootste afdeling bevat gedigte oor jeugherinneringe, wat op feitlik chronologiese wyse begin by die geboortejaar en die trek van die stad na die plaas, dan die trek van die plaas na die dorp en eindig met die trek weg van die dorp af terug na die stad. Die tipiese boere tydverdryf, half ontspanning half werk, word in gedigte soos ᅭHengelaarᅮ en ᅭJagterᅮ uitgebeeld, terwyl ᅭDae van die weekᅮ uit die kinderperspektief beskryf word na aanleiding van die diverse aktiwiteite wat hy ervaar. ᅭUitveムrᅮ beeld kernagtig die deurlopende motief van gedurige verandering en herskryf aan die nuwe werklikheid uit. ᅭWeggaan van die plaasᅮ gee uitdrukking aan die verlies nie net van 'n woonplek nie, maar van 'n hele leefwyse en 'n hele lewe. Die vierde afdeling verbeeld die lewe in die stad, met telkens herinneringe aan die verlede wat ook in hierdie gedigte verskyn. ᅭRuユnebesoekᅮ trek die omgewing se voorsate terug na lank voordat die voorgeslagte hulle intrek geneem het, sodat daar 'n verbinding bewerkstellig word tussen al die mense wat daar was. In die laaste afdeling word in ᅭHiperboolᅮ (=oordrywing) gejuig oor die klein gedeelte van die familieplaas Sans Souci wat steeds in Marais-hande is en vir die eienaar die hele Marais-erfenis verteenwoordig. ᅭOnomastiekᅮ se naamgewing van klein en naby tot groter en ver verteenwoordig 'n poging om teen die verlies aan 'n erfplaas in te skryf, met die dorp Vrede wat simbolies eindelike berusting word. Palimpses - Johann Lodewyk Marais. Human & Rousseau 1987. ISBN 9780798122313