Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Pampoenpit word een oggend wakker van 'n geraas. Toe sy en Toets die kat by die venster uitloer, sien hulle mense wat besig is om rommel te verwyder. Die mans en vroue skitter en blink in hul uniforms, soos ware helde. Toe begin Pampoenpit wonder oor waar daar oral geheime helde is ... "Hulle doen hul werk soms stil-stil, hier reg onder jou neus.
As jy Geheime Helde raaksien, kan jy leer om een te wees! Hulle maak menselewens beter, maak 'n verskil waar hulle kan. Hulle vind uit wat gedoen moet word en DOEN dit dis hul plan." 'n Pragtige storie wat vir kinders wys dat daar geheime helde oral in ons wêreld is, mens moet hulle net soek!