Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: Chanette Paul
Formaat: Klein Sagteband
Toestand: Baie Goed
Nianne kry die kans om 'n vriend Martin de la Hunt se kothuis op die skilderagtige dorpie Birkenshire te gaan bly. Dit pas haar uitstekend, want sy wil graag in rus en vrede aan 'n nuwe skryfprojek begin werkskaf. Maar stilte is haar nie beskore nie.
Haar koms na Birkenshire laat die skindertonge behoorlik gons, en vreemdelinge trap haar drempel plat. Boonop kry Neal Kirstein, die geheimsinnige en eksentrieke alleenloper-argitek, dit reg om haar om elke hoek en draai te ontsenu. Wie is die man met oë die kleur van perlemoen? En is dit waar dat hy en vriend Loeka met onderduinshede besig is?