Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Herinneringe van eerste Afrikaanse vrou wat 'n dokter geword het. WEG Louw skryf oor die boek: “Dit word ’n vreemde en wonderlike boek! ’n Mens lag oor die eerste sigaar wat sy gerook het; oor haar en Bonnie se grawery om by Australië uit te kom; oor die hande-viervoet-kruipery na die skoppelmaai weg van ou meester Van Loenen af; oor die manier waarop sy die dorpsbiblioteek geplunder het; die kostelike insident waar pres. Steyn haar ’n hoenderboudjie en poeding voer onder die tafel; oor hoe sy nagte gewaak het om die son te sien opkom.” Tafelberg-Uitgewers. 1963, Tweede druk. Hardeband sonder stofomslag, 156 bladsye. Die boek is in 'n baie goeie toestand. Voorste en agterste bladsy het verbruin. Posgeld na enige plek in SA is R20.