Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Piet se beurt - Sarah du Pisanie. Gedruk 2008. Hardeband; geen plastiek omslag nie. Koki merk op rugkant. Naam in pen voorin geskryf. Baie goeie toestand.
Dis 1921. Suidwes is nog taamlik onontwikkeld en daar is te min vrouens vir al die mans in die land. Daan en Herman is dolgelukkig getroud met Magriet en Estie, maar Piet, die derde broer, is 'n moeilike kalant. Van vrouesoekery wil hy niks wees nie.
Toe praat hy homself in 'n penarie in en Jansie, die fyn, fraai meisie met die onskuldige gesiggie, geniet sy ongemak terdee. Sal piet homself uit die situasie kan loswikkel, of gaan sy skoonsusters hierdie keer wen?
Nog 'n verhaal oor Jakkalswater se mense.