Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Medium hardeband met stofomslag
Goeie toestand
Lagstories, liegstories, kierang- en kameelstories soos net Jan Spies dit kon vertel.
In hierdie vierde bundel uit sy geliefde Vertellings-reeks is Spies op sy spitsvondigste. Pille vir Servette wemel van karakters wat sit en staan, lieg en lag, en jou lank sal bybly. Hiers Orrelkosie wat jou met presisie leer hoe om n pil oor n siek hoender se tong te kry. n Kalahari-boer wat met n lastige smous se gal werk. n Oompie wat in die hof sy plan verdedig om twee kar-donkies onder n spoorbrug deur te loods. En n outsigbare kêrel wat hom dood hou op die slagveld om die Engelse te flous.
Spies se stories is koddig, beminlik, en vindingrykn skatkis van Afrikaanse humor en menslikheid. Hierdie bundel is n nostalgiese terugkeer na die dae van radiovertellings, kampvure en koffie met kondensmelk.