Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Boek lyk vir my nog splinternuut en ongelees. >>> Die verhale in hierdie omnibus speel almal in die ou Suidwes-Afrika af. In Die huis van Makir bly privaat verpleegster Annie slegs in diens van ’n skatryk familie om ’n veilige hawe te kan skep vir die seuntjie van die stugge Pieter von Moltke, in die hoop dat die man ééndag aan die kind die erkenning sal gee wat hom toekom. En dan breek daardie dag aan . . . - In Die rooi duiwel van Rotskloof pak Ansie en haar verloofde ’n lang tog aan om haar wewenaar-broer te gaan bystaan waar hy hom op ’n sendingstasie saam met sy twee kleuters bevind. Maar spoedig ontdek sy dat haar broer dodelik siek is aan malaria, en boonop loop sy haar vas in ’n rooibaard-duiwel van ’n man wat vas glo een van die kinders het op sy plaas oortree. - En in Vir twee koppies meel is weeskind Anke bestem om die bruid van ’n Duitse soldaat te word; sy wil die armoede van Duitsland verruil vir ’n nuwe lewe in sonnige Suidwes. Maar met haar aankoms daar word haar droomwêreld aan flarde geruk.
*N.B.* Dis natuurlik beter om meer as een boek by my te koop want dan betaal jy net R 6 posgeld vir elk van jou verdere boeke – Kyk wat het ek nog, dis dalk die moeite werd.