| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Boek lyk vir my nog splinternuut en ongelees. >>> 'n Stuk rots, tien kilometer in deursnee, tref die aarde teen veertigduisend kilometer per uur. 'n Paar jaar lank hang die wolk van klip en puin nog in die atmosfeer. Die grootste brand tot nog toe ... Maar dit was nie die laaste brand in die Vredefortkoepel nie. Tweemiljard jaar later staan Sybrand Venter verslae na die gevolge van hulle nalatigheid en kyk. Hulle wou net rook, hulle het gedink die vuur in die kort gras is dood ... Toe hy klein was, het Sybrand geglo die krater is soos 'n nes wat die Koepelaars teen die wrede wereld daarbuite beskerm. Hy het nie geweet een klip kon alles uitmekaarruk nie. 'n Klip soos sy pa se dood. Wat sonder 'n waarskuwing soos 'n meteoriet in die lewe van die Venters, die Spogters en die Nels ingeplof het. En Sybrand weet, hierna sal niks op Eden ooit weer dieselfde wees nie ...
*N.B.* Dis natuurlik beter om meer as een boek by my te koop want dan betaal jy net R 6 posgeld vir elk van jou verdere boeke – Kyk wat het ek nog, dis dalk die moeite werd.