Drie raaiselagtige moorde in afgeleë bouvalle: Pretoria-Oos, Irene en Mamelodi.
Die oortreder word die Drieuur-moordenaar gedoop . . . Want al drie sy slagoffers is klokslag om 03:00 dood, oftewel verwurg, en een ledemaat geamputeer. Teen die muur staan telkens 'n slagspreuk in bloed geskryf.
Speurder-kaptein Alek Strauss, lid van die Fiskale Spesiale Ondersoekeenheid, word saam met sy span aangesê om die moorde te ondersoek. Sy kollega, doktor Nadiya Patel, is oortuig die moordenaar se modus operandi is 'n waarskuwing dat nog lewens in gevaar is.
'n Paar maande tevore, iewers in Sandton, sukkel juweelontwerper Marlia Heystek om kop bo water te hou. Sy en haar baas, Rhyno Weidemann, is besig met die afronding van 'n reeks wat wapens in juweliersware vergestalt. Maar wat Rhyno nie weet nie, is dat iemand Marlia genader het om in die geheim 'n reeks luukse juwele te ontwerp. As sy instem, hoef sy nooit weer haar sente om te draai nie.
Toestand: NUUT
Formaat: Sagteband
Bladsye: 334
Uitgegee: 2022 (H&R)
ISBN: 9780798182942