Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
BESKRYWING | Dit is moeilik om te glo dat ons Republiek alreeds vir meer as 53 jaar bestaan. Hierdie porselein bierbeker is vervaardig deur Continental China om REPUBLIEKWORDING OP 31 MEI 1961 TE HERDENK. Dit bevat 'n embleem met 'n ossewa en die Voortrekkermonument daarop asook die woorde: 'Mei 31 1961. Ter Herdenking aan Republiek Suid - Afrika' in die 'ou' Nasionale kleure van oranje, wit en blou. Daar is ook 24 karaat goud oorleg aan die onderkant en bokant asook op die handvatsel. Dit is 'n groot bierbeker wat 500 ml bier kan bevat en 15 cm hoog staan. U kan die beker hierbo sien en nog 3 afbeeldings wat die beker verder illustreer verskyn hieronder. Vra 'n vraag indien u enige verdere inligting verlang. |
TOESTAND | Die beker is in uitstekende toestand. Dit is duidelik nooit gebruik nie, maar in die vertoonkas vertoon. |
'n Skaars versamelstuk vir versamelaars van items wat handel oor Afrikaner Nasionalisme. Plaas u bod as hierdie item nog nie in u versameling is nie. Dit is nie maklik om te vind nie - veral nie in uitstekende toestand nie. |
Die merke onder die beker.
Die beker saam met 'n vuurhoutjiedosie om 'n aanduiding te gee van die relatiewe grootte. Die beker staan 15 cm hoog.
AANSTUURKOSTE VAN HIERDIE ITEM
R46 IN SUID - AFRIKA PER GEWONE POSKANTOORPAKKET MET NASPOORNOMMER.
ITEMS KAN OOK DEUR-TOT-DEUR PER KOERIER GESTUUR WORD NA DIE MEESTE GEBIEDE IN SUID AFRIKA TEEN 'N BAIE REDELIKE KOSTE (Ongeveer R55).
ALLE ITEMS WAT OP EEN VEILING GEKOOP WORD WORD SAAM AANGESTUUR OM POSGELD TE BESPAAR.
DIE PRESIESE AANSTUURKOSTE SAL VERSKAF WORD SODRA DIT BEKEND IS HOEVEEL ITEMS 'N KOPER OP DIE VEILING GEKOOP HET.
LET WEL DAT DAAR OP DIE OOMBLIK 'N STAKING VAN POSKANTOORWERKERS IS EN DAT DIT WAARSKYNLIK 'N RUKKIE SAL NEEM VOORDAT DIE ITEM GEPOS KAN WORD INDIEN DIT PER POSKANTOOR PAKKETPOS AANGESTUUR WORD. MOENIE OP HIERDIE ITEM BIE AS U NIE BEREID IS OM DAARVOOR TE WAG OF OM VAN 'N KOERIER GEBRUIK TE MAAK NIE.