Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: Heinz G. Konsalik
Formaat: Groot Hardeband
Toestand: Goed
Hierdie omnibus bevat twee van Heinz G. Konsalik se groot treffers, LSD en Die moordenaar.
LSD
In LSD vestig Konsalik die aandag skerp op die afskrikwekkende ver- nietigingswerk van 'n verdowingsmiddel waarvan slegs 100 mikrogram genoeg is om iemand nege uur lank waansinnig te maak. Vyf makkers wat gedurende die oorlog saam in Siberië was, word in die naoorlogse Duitsland ryk en gesiene burgers, en hulle kom gereeld bymekaar.
Mettertyd ontaard hierdie byeenkomste in wilde fuifpartytjies waar hulle hulle oorgee aan "die vryheid van oorversadiging". In hul soeke na iets meer opwindends, begin hulle LSD gebruik. Wanneer hulle weer tot hul sinne kom, lê een met 'n serp verwurg en 'n ander met 'n totaal verminkte gesig...
Die Moordenaar
Die moordenaar is die grusame en meesleurende verhaal van 'n breinverminkte moordenaar, 'n man wat onder die waan verkeer dat hy die onkunde uit die wêreld moet uitslag.
Gerd Sassner is 'n welgestelde chemikus en fabriekeienaar by wie 'n vreemde persoonlikheidsverandering intree as gevolg van 'n vroeëre traumatiese ervaring. Hy word opgeneem in die privaatkliniek van prof. Dorian, 'n internasionaal beroemde neurochirurg. Dorian glo dat geesteskrankes deur 'n operasie genees kan word, en hy voer 'n skynbaar suksesvolle operasie op Sassner uit.
Maar dan verdwyn sy pasiënt. En 'n onmens, bygestaan deur 'n rooikopvrou, pleeg die gruwelikste moord in die kriminele geskiedenis.
New Brand new and unread book.
As New A secondhand book that can easily pass for a new one.
Very Good Book is in great condition with only a minor blemish here and there.
Good Book shows visible reading wear but nothing serious.
Fair Book shows clear and more significant wear, especially on the cover, but is still solid and intact.
Worn Book shows severe wear and tear while still being intact (commonly known as a "reading copy"). Worn books are still good perfect for a good read, all pages will be intact with none threatening to fall out.