Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: Annelie Botes
Formaat: Medium Sagteband
Toestand: Baie Goed
'n Verhaal wat die kruis van outisme genadeloos oopvlek. Sentraal in hierdie aangrypende gegewe staan twee onvergeetlike vrouekarakters: Ingrid Dorfling, ma van Alexander, wat die grense van wanhoop oorskry in haar verbete stryd om die kind wat hulle hele gesinlewe ontwrig "mens" te laat word. En in die proses omtrent alles wat kosbaar is, verloor. Parallel met Ingrid staan Miriam oppasma wat met haar kinderlike godsvertroue en aardse wysheid die enigste is wat tot "Boetatjie" kan deurdring. Wat, as niks meer help nie, met hom onder die olienhoutboom gaan sit en sussende hallelujaliedere sing. En dan is daar Alexander. Raaiselkind. Gillende, skoppende seuntjie wat sy hande flap en die kaassmeerpotjie se deksel laat tol en tol, maar tog skielik kantelkop luister wanneer die kerkklokke beier. Vreemdelingkind op sy eie eiland waar hy niemand toelaat nie, behalwe Miriam.