RECCE - RESEPTE: Vir Kos, Die Bos, Die Lewe (Justin Vermaak & Douw Steyn) - Sagteband
5 were available / new
R325.00
0% off
Shipping
R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
As die Recces die dag in die bos in stap, slaan die luislange, die aasvols en selfs die leeus op die vlug. Wat jy kan vang, kan jy eet, s di manne.
Recce-resepte vir kos, die bos, die lewe is vol tong-in-die-kies resepte en stories oor die Recces se ervarings gedurende die Grensoorlogjare en tot 1997. Die boek plaas jou in die skoene van hierdie legendariese en geheimsinnige Spesiale Magte- operateurs.
Ontdek wat dit verg om vir weke aaneen uit n rugsak te leef, hoe om te oorleef op dit wat die natuur verskaf en selfs hoe om n leeu kaalhand van n karkas te verjaag. Aasvolsop, enigiemand? Of wat van vliende vis vir voorgereg met gebraaide luislang vir hoofgereg?
Die stories oor hul waaghalsige operasies gedurende die eerste 25 jaar van die Spesiale Magte vat jou van Durban na Langebaan en deur Phalaborwa na die res van Afrika en selfs Rusland.
Hulle verklap boonop hul unieke filosofie bly in die oomblik, pas aan en doen jou ding! Of staan opsy, want die Recces kom verby!
Hoewel die meeste resepte eetbaar is, moet sommige nooit, ooit herhaal word nie.
A4, SAGTEBAND, 224 BLADSYE. Also available in English.
Datum van Publikasie: 20 Oktober 2017
n Beperkte hardeband uitgawe van slegs 250 boeke is ook beskikbaar, elke boek is genommer en is onderteken deur die skrywers en senior Spesiale Magte Personeel.