Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
This item is sold brand new. It is ordered on demand from our supplier and is usually dispatched within 24 hours
Recce-Resepte: Vir Kos, Die Bos, Die Lewe is vol tong-in-die-kies resepte en stories oor die Recces se ervarings gedurende die Grensoorlogjare en tot 1997. Die boek plaas jou in die skoene van hierdie legendariese en geheimsinnige Spesiale Magte-operateurs. Ontdek wat dit verg om vir weke aaneen uit 'n rugsak te leef, hoe om te oorleef op dit wat die natuur verskaf en selfs hoe om 'n leeu kaalhand van 'n karkas te verjaag. Aasvolsop, enigiemand? Of wat van vliende vis vir voorgereg met gebraaide luislang vir hoofgereg?
Die stories oor hul waaghalsige operasies gedurende die eerste 25 jaar van die Spesiale Magte vat jou van Durban na Langebaan en deur Phalaborwa na die res van Afrika en selfs Rusland. Hulle verklap boonop hul unieke filosofie — bly in die oomblik, pas aan en doen jou ding!
Of staan opsy, want die Recces kom verby.
Summary | As die Recces die dag in die bos in stap, slaan die luislange, die aasvoels en selfs die leeus op die vlug. Wat jy kan vang, kan jy eet, se die manne.Recce-resepte vir kos... |
Author | Justin Vermaak (Author), Douw Steyn (Author) |
Publisher | Jonathan Ball Publishers |
Release date | 20171016 |
Pages | 224 |
ISBN | 1-86842-790-0 |
ISBN 13 | 978-1-86842-790-1 |