Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Die Outobiografie van Corné Krige saam met Peter Bills.
Voorwoord deur Morné du Plessis.
Sagteband 150mm x 230mm
235 Bladsye
"Min Suid-Afrikaanse rugbyspelers het by aanhangers en teenstanders sulke sterk emosies ontlok soos Corné Krige - dikwels briljant, soms omstrede, altyd toegewyd. Krige, wat elke wedstryd met liggaam, hart en siel gespeel het, het die bewondering van sy ondersteuners afgedwing en die teësinnige agting van sy kritici.
'n Kenmerk van sy loopbaan was dat Krige hom telkens op die verkeerde tyd op die regte plek bevind het. 'n Besering het hom deelname aan die Springbokke se langste segetog ontneem, hy het die Bokke gelei toe die land se rugby op 'n laagtepunt was en in die Wêreldbeker gespeel na van die opspraakwekkendste gebeurtenisse wat Suid-Afrikaanse rugby tot nog toe geruk het.
Vir die eerste keer praat Krige nou reguit oor die mense en geskille wat sy loopbaan gevorm het: Twickenham 2002, die Geogate-skandaal, Kamp Staaldraad, die drie Springbokafrigters onder wie se leiding hy gespeel het en die rede waarom Suid-Afrika se veldtog vir die 2003 Wêreldbeker reeds uit die staanspoor gedoem was.
Corné Krige se boek is net so eerlik en reguit soos hyself en bied die leser 'n seldsame en fassinerende kykie in die eksklusiewe wêreld van die professionele rugbyspeler.
Peter Bills is 'n senior rugbyskrywer vir die wêreldwye Independent Newspapers-groep. Hierdie voormalige redakteur van die tydskrifte Rugby News en Rugby World in die Verenigde Koninkryk het tien gesogte sportboeke geskryf. Onder hulle tel biografieë en outobiografieë van bekende rugbypersoonlikhede soos Jean-Pierre Rives, Gareth Edwards, David Campese, Willie John McBride, Will Carling en die BBC se TV-kommentator Bill McLaren."
All book sales are final.